
Soli Deo Gloria Gemeente is n vyfvoudige bediening wat God se woord en voorskrifte onderhou soos dit geskryf staan.Die gemeente is onder leiding van Apostel Frederik vd Heever vanaf 2023 en lei die gemeente onder leiding van die Heilige Gees.SDG is n gemeente waar ons glo in die gawes en werke van die Heilige Gees.Ons is n familie wat hande vat en saam werk aan God se Koninkryk. SDG is nie onder enige denominasie en totaal onafhanklik van enige kerklike orginisasies.SDG is ingestel om dissiepels te maak soos die opdrag gegee is in Mat 28:19.Kom vind jou tuiste by ons as n familie.
Soli Deo Gloria Gemeente is besig met evangelisasie opleiding onder leiding van Apostel Frederik. Ons beplan om evangelisasie werk te gaan doen in gevangenis,hospitale,strate en markpleine. Ons nooi elkeen uit wat belangstel om betrokke te raak by evangelisasie werk en uitykings om by ons aan te sluit.SDG het weer sondae aande se dienste hervat soos dit gebruiklik was en nooi u om sondae aande ons te kom ondersteun om 18h00
